Posted in crochet, Magazines

Fairisle stewelkouse: Vrouekeur 6 Julie 2018

Leg warmersklein

In hierdie week se Vrouekeur, is my bont, warm stewelkouse-patroon – perfek vir die koue weer. Dit is gehekel met Nurturing Fibres SuperTwist DK 100% Merino in hulle pragtige kleure. Natuurlik kan dit ook in enige ander dubbelbreidraad gehekel word.

Die kouse bestaan uit ‘n verskeidenheid interessante patroonsteke en dit maak dat daar geen vervelige hekelwerk is nie. Die steke behoort nie moeilik te wees nie, maar ek heg wel ‘n diagram aan van die spykertrossie wat vir party hekelaars nog nuut of vreemd mag wees. Ek hoop julle geniet die patroon en stuur gerus foto’s van julle klaar kouse na acaden@mweb.co.za. Ek maak graag ‘n fotogalery en deel dit met almal.

Spykertrossie

Lekker hekel die week!

Karen Adendorff

 

GRATIS: Kry ook die gratis Mandala Matpatroon op Vrouekeur se webblad: http://www.vrouekeur.co.za. Vir die wat hom in die verlede gehekel het, en dalk vrae mag hê oor die patroon. Ek het wel ‘n aanpassing in rdte 18 gemaak wat nou op die patroon op webblad aangedui aangebring is.

mat finaal klein

 

 

 

SaveSave

Leave a comment