Posted in crochet, Magazines, Uncategorized

Blokhulp met Sigeunertop-patroon

Ek ervaar dat mense probleme ondervind om die patrone reg te verstaan of dat hulle sukkel om patrone te lees. Dit lyk amper of dié ‘n werkswinkel kan word! Ek het dit daarom goedgedink om die blokke se foto’s te plaas sodat julle die blokke kan visualiseer terwyl julle dit hekel of die patroon lees.

Die blokpatrone herhaal deurgaans deur die top, dus as jy die al die beginblokke onder die knie het, is die res maklik. As jy vind dat jou aantal rye korrek is, maar dat jou blok nie pas nie, kan dit wees dat jou spanning nie konsekwent is nie. Glo my, dit gebeur gereeld met patrone wat blokke in verskillende patroonsteke het. Pas dan jou aantal rye aan tot die blok pas.

Ek het weer deur elke blokpatroon gegaan en by slegs 2 blokke het ek korreksies aangebring wat dan by die blok aangedui word. Ek vra om verskoning vir die ongerief, maar kan jou waarborg dat die ‘tikfoute’ nie jou top gaan op’stuff’ nie. Dit is menslike foute wat maar insluip omdat dit ‘n baie omvangryke patroon is. Ek laat alles kontroleer, maar daar is altyd die moontlikheid dat iets oorgesien word. Ek sal altyd onthou hoe ek my verhandeling vir my meestersgraad ingehandig het, nadat 5 mense dit gekontroleer het. Die uiteinde – die eksaminator het 15 spelfoute gekry! Tot vandag toe, weet ek nie hoe dit oorgekyk is nie, maar dit gebeur.

Ek vra vriendelik dat indien jy vashaak met ‘n patroon om my persoonlik te inbox of ‘n epos na my te stuur by acaden@mweb.co.za. 90% van die kere uit my ervaring in afgelope 10 jaar van patrone skryf, is dit omdat patrone nie reg gelees word nie. Ek help graag en die wat my werkswinkels bygewoon het, sal weet dat ek ‘n geduldige leermeester is.

Hier is elke blok se patroon:

Blok 1:

IMG_4463

Blok 2:

IMG_4464

Blok 3:

IMG_4465

Blok 4:

IMG_4466

Blok 5:

IMG_4467

Blok 6: korreksie:

1ste ry: 1 lb in 6de ks vanaf pen, *1 ks, slaan 1 ks oor, ….

IMG_4468

Blok 7:

IMG_4469

Blok 8: korreksie:

Herh ry 2-6 nog 2 keer en dan ry 2-3 nog een keer = 18 rye in totaal.

IMG_4470

Blok 9: Korreksie: volg patroon en hekel 11 rye. IMG_4471

Blok 10:

IMG_4472

Blok 11:

IMG_4473

Blok 12:

IMG_4474

Blok 13:

IMG_4475

Blok 14:

IMG_4476

Blok 15:

IMG_4477

Blok 16: IMG_4478

Blok 17:

IMG_4479

Blok 18:

IMG_4480

Blok 19:

IMG_4481

Blok 20:

IMG_4482

Blok 21:

IMG_4483

Blok 22: IMG_4484

Blok 23: IMG_4485

Blok 24:

IMG_4486

Blok 25:

IMG_4487

Blok 26:

IMG_4488

Blok 27:

IMG_4489

Blok 7 agter:

IMG_4491

Blok 8 agter:

IMG_4490

 

Volle rugkant van top:

18697992_10209609736982422_7994478404957026466_n

 

40 thoughts on “Blokhulp met Sigeunertop-patroon

  1. These things happen my friend. After all we are only human!!!!
    Thanks for the update and “correction” I’ve got my pattern but need to
    Finish a few WIP before I start. Thank you for SO graciously sharing your designs with us.
    Have a beautiful and blessed creative week ahead.
    Kindest regards
    Shaleen de Klerk, East London

    Like

    1. That means the world to me. So few people understand this kind of business and one is very open to criticism and a lot of it unnecessary. Sometimes I feel like just leaving everything, but I realise that it is my God given talent to serve with my hands and through crafts and crochet. I need to stand up with a smile.

      Like

      1. You will never please everyone and someone will always chirp.
        Please don’t let a few steal your joy or ours. Please carry on xxx

        Like

  2. Hallo
    Ek het die patroon gemis. Kan ek dit dalk kry asb?

    Baie dankie vir jou wonderlike werk.

    Groete
    Petro

    Like

    1. Baie dankie. Ek kan nie die patroon uitstuur nie, maar as jy Vrouekeur kontak, kan hulle die patroon vir jou stuur.

      Like

  3. Shaleen, do have the pattern in English? I’m still waiting for Vrouekeur to get back to me regarding whether or not they’re going to put in up online in English.

    Like

    1. No sorry, I understand Afrikaans a bit in the crochet language and if I don’t I use Eng to Afrikaans descriptions.

      Like

  4. Dankie Karen!
    Inderdaad is jy ‘n geduldige luisteraar en dankie vir die hulp!
    Die foto’s help my baie. Dankie vir jou moeite!🌷🌷🌷

    Like

  5. Thank you so much for the photos and corrections. I am English speaking, and have managed to read the pattern without any problems – 18 blocks completed so far. I even picked up the error on block 6. Your kindness is much appreciated

    Like

  6. Hi Karen
    Dis n pragtige top! n Vriendin het hierdie bladsy geshare. Ek wil graag saam hekel. Waar kan ek die patroon kry?
    Dankie vir jou hulp.
    Sharon

    Like

  7. Hallo,

    Baie dankie vir jou moeite, dit word opreg waardeer! Jou patrone is so maklik om te volg, ek geniet hierdie projek baie! Die dame vir wie ek dit hekel, het besluit op ¾ moue, ek gaan dus die moue v-stitch hekel.
    Jou blokke is so netjies vasgewerk, ek is so bederf met vashekel, die vaswerk gaan grootste werk aan top wees! Hahaha

    Like

  8. Ek is ook besig met myne!! Ek is net bevrees ek gaan soos ‘n krismisboom lyk want ek doen dit sommer met oorskietwol…Die patrone is baie goed geskryf en na so een of twee keer se uittrek (my foute) is ek nou goed aan die gang. Baie dankie vir ‘n puik produk…

    Like

  9. Thanks once again for the pattern. I have managed to finish all the squares for the front without any problem, despite the fact that I am English speaking and this is the first time I have ever crocheted from an Afrikaans pattern. Now for the back. From all the threads I have, I think the putting together will take longer than the making, so I have decided to finish off each square as I make it..

    Liked by 1 person

    1. Wow, awesome! Clever to finish off as you go. I also do that because I do not want to face it in the end. I am really glad you enjoyed it and thank you for your positive feedback.

      Like

  10. Ek neem aan die agterpant kry presies dieselfde aantal blokke as die voorpant, alhoewel die patroon net gaan tot by blok 8 vir agterpant?

    Like

  11. Die patroon noem ‘n 3.25 hekel pen. Ek kon nie die grootte kry nie en ek sukkel met ‘n 3.5 pen. Ek het toe ‘n 3 mm pen gaan koop en hekel lekker. Nou my vraag is, sal dit ‘n groot verskil maak aan die grootte van die top? Die 106 cm is die grootte wat ek gesoek het. Ek is al klaar met die voorpant en wil dit graag vaswerk vandag

    Like

  12. Dankie Karin! So ek hoef nie ekstra rye aan die huidige blokke te hekel nie? En die top sal my nog steeds pas? Ek hou baie van die patroon van die top en die kleure wat jy gekies het. Nogmaals baie dankie vir die patroon wat jy beskikbaar gestel het.

    Like

    1. Hier is die blokmates as jy eers wil seker maak.
      Hiermee die afmetings (cm):

      Blok 1: 28,5 x 7
      Blok 2: 18 x 15
      Blok 3: 10 x 14
      Blok 4: 10 x 22
      Blok 5: 11 x 11
      Blok 6: 10 x 27
      Blok 7 voor: 15 x 22
      Blok 7 agter: 16 x 19
      Blok 8 voor: 18 x 10
      Blok 8 agter: 18 x 16
      Blok 9: 7 x 10
      Blok 10: 9 x 10
      Blok 11: 10 x 10
      Blok 12: 20 x 12,5
      Blok 13: 21 x 10
      Blok 14: 18 x 12
      Blok 15: 8 x 12,5
      Blok 16: 8 x 15
      Blok 17: 18 x 20
      Blok 18: 13 x 13,5
      Blok 19: 18 x 8
      Blok 20: 10 x 14
      Blok 21: 10 x 10
      Blok 22: 11 x 16
      Blok 23: 11 x 11
      Blok 24: 10 x 16
      Blok 25: 10 x 15
      Blok 26: 18 x 11
      Blok 27: 9 x 19

      Like

  13. Wanneer die blokke aanmekaar gewerk word, word die regte kante van die blokke teenmekaar gesit of word die verkeerde kante teenmekaar gesit?

    Like

Leave a comment